gewildstegedigte.litnet.co.za » C.J. Langenhoven

Die stem van Suid-Afrika
Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,

Oor ons éwige gebergtes waar die kranse antwoord gee,

Deur ons vér verlate vlaktes met die kreun van ossewa –

Ruis die stem van ons geliefdes, van ons lank Suid-Afrika.

Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:

Ons sal lewe, ons sal sterwe – ons vir jou, Suid-Afrika.

In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,

In ons roem op ons verlede, in ons hoop op wat sal wees,

In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf –

Deel gee ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.

Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:

Waar en trou, as Afrikaners – kinders van Suid-Afrika.

In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,

In die lengte van ons liefde, in die lanfer van ons rou,

By die klink van huw’liksklokkies, by die kluitklap op die kis –

Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.

Op jou roep seg ons nooit nee nie, seg ons altyd, altyd ja:

Om te lewe, om te sterwe – ja ons kom, Suid-Afrika.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:

Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou –

Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly:

Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer:

Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Die mot en die kers
Die ander motte was dom en dwaas,

Maar ek sal vér van die kers af bly;

Hier vér uit die skemerte sal ek kyk,

Hier vér is dit veilig en kyk is vry.

Maar ek hoef nie van éénkant net te kyk –

Ek vlieg op dieselfde afstand om,

Dan weet ek van álkant hoe hy lyk

Om beter te sorg om nie nader te kom.

My sirkel was skeef en ingebuig,

Maar dáár ook nog, waar ek naaste was,

Het daar niks gebeur – ek maak verniet

My velling so groot en so vér van die as.

Die wieletjie draai ál vinniger om,

En die lig en die gloed word ál groter genot:

En die vellings word nouer ál rondom die as –

En die end van die wiel is die as van die mot.